Geraas


Vuurwerke kan geweldige geraas maak en diere ontstel.

Geraas is 'n lawaai, gedreun en enige klank wat onwelkom, ondraaglik en verontrustend is.

Geraas word deur mense en diere se gehoorsintuie, die ore, waargeneem. Uitermatige geraas kan die ore beseer of selfs permanent beskadig. Mense wat geraas maak of veroorsaak, soos deur musiek te hard te speel, kan vir rusverstoring ('n strafbare wetsoortreding) aangekla word. Sulke persone kan by die plaaslike owerhede aangegee word. In Pretoria, as voorbeeld, word die regulasies oor geraasbeheer deur die metropolisie toegepas. 'n Knaldemper kan gebruik word om die geraas van motorvoertuie en motorfietse te demp. Witgeraas word soms doelbewus in geboue uitgesaai om die waargenome geraas van die kantoor uit te doof. Data (inligting) wat geen betekenis het nie word ook soms as geraas beskryf.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search